Net R10 om Shereneke in die skool te hou
"Ons vra dat mense asseblief om net R10 in Mitchell House se rekening inbetaal sodat ons haar in die skool kan hou."
POLOKWANE – “Ons vra dat mense asseblief om net R10 in Mitchell House se rekening inbetaal sodat ons haar in die skool kan hou.”
Dit is die versoek van Sean Guy en Bereneke Langenhoven, die ouers van Shereneke, ‘n leerder by Mitchell House se verrykingsentrum.
Shereneke se brein het reeds van geboorte af nie goed ontwikkel nie.
“Op ses maande kon die dokters eers ‘n breinskandering doen en toe het hulle gevind dat die twee lobbe nie geheg het nie.”
(Lees meer oor Shereneke in vandag se Review Midweek)
“Ons sukkel finansieel en kan nie meer die skoolgeld bybring nie.”
“As sy nou haar plek verloor, is sy weer op ‘n waglys. Op die korttermyn is ons grootste uitdaging dat sy in die skool kan bly. Sy is regtig ‘n lieflike kind en het ons nog nooit probleme gegee nie,” vertel Sean.
Enige leser wat graag ‘n bydrae wil maak kan geld in die volgende rekening inbetaal:
Rekeningnaam: Mitchell House Preparatory School
Bank: Standard Bank
Rekeningnommer: 030 148 081
Tak: Polokwane 052 548
Verwysing: GUY001
Vir meer vir inligting kontak 072 193 6613 of shantelleclassen@yahoo.com.
Mitchell Houses responds
Although Bereneke (her mother) receives a partial bursary from Pathways and Mitchell House, she is unable to afford the balance of the school fees. Please consider supporting Shereneke and her family. It will not be in Shereneke’s best interests to leave our school.





