Local NewsNews

PHS-leerder breek rug op drie plekke tydens ongeluk – pa, broer beseer

‘n Lang pad na herstel lê vir die Hoërskool Pietersburg (PHS)-leerder, Enoch Deetlefs voor nadat hy Sondag in ‘n motorbotsing in Krugersdorp drie rugfrakture opgedoen het. Enoch was saam met sy broer, mede-Pietie Esselen, sy pa Enoch snr, en ‘n familievriend in ‘n ongeluk in Krugersdorp betrokke nadat die voertuig waarmee hulle gery het, se …

‘n Lang pad na herstel lê vir die Hoërskool Pietersburg (PHS)-leerder, Enoch Deetlefs voor nadat hy Sondag in ‘n motorbotsing in Krugersdorp drie rugfrakture opgedoen het.
Enoch was saam met sy broer, mede-Pietie Esselen, sy pa Enoch snr, en ‘n familievriend in ‘n ongeluk in Krugersdorp betrokke nadat die voertuig waarmee hulle gery het, se remme glo onklaar geraak het.
Sy ma, Elouise, was nie ten tye van die ongeluk in die motor nie. “Esselen en my man het geringe beserings opgedoen. My man kla van spierpyne en Esselen was vir ‘n dag in die Life Wilgeheuwel Hospitaal in Roo­depoort opgeneem. Esselen het na die botsing kort-kort flou geword en dokters het besluit om hom op te neem vir waarneming. Hy het ligte harsingskudding opgedoen,” sê Elouise.
Enoch was nie so gelukkig nie en sy rug is op drie plekke gebreek. Die breuke is nie te ernstig nie, maar hy sal vir die volgende drie maande ‘n rugstut moet dra en vir ses maande daarna baie rustig moet wees.
“Ons is net dankbaar dat my kind nie verlam is nie. Hy het nog volle gebruik van beide sy bene,” sê Elouise.
Elouise sê die gesin was slegs vir die naweek in Krugersdorp vir ‘n funksie toe die ongeluk gebeur het.
Skoolhoof, Willie Schoeman sê dit is nooit goeie nuus as Pieties en hul gesinne in ongelukke betrokke is nie.
“As skool is ons net dankbaar dat hulle leef en dat hulle as gesin steeds die Kersgety saam kan deurbring. Ons bid Enoch ‘n vinnige herstel toe,” sê Schoeman.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto: Enoch Deetlefs, regs, het sy rug op drie plekke tydens ‘n ongeluk in Kru­gersdorp gebreek terwyl sy broer, Esselen harsingskudding opgedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button