Bosveld NewsBosveld SportNewsSport

HPP gereed vir driekuns

Die atlete van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het Dinsdag tydens die skool se interhuisbyeenkoms gewys hulle is gereed om hulle status as die onoorwonne Bosveld Interhoërkampioen vanjaar suksesvol te verdedig.

Die atlete van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het Dinsdag tydens die skool se interhuisbyeenkoms gewys hulle is gereed om hulle status as die onoorwonne Bosveld Interhoërkampioen vanjaar suksesvol te verdedig.

Die atlete is hard aan die oefen en gerat om die bekers tuis te hou.

Hulle sal op 27 Februarie ‘n kans kry om tydens die 53ste Bosveld Interhoër teen ses ander skole van die omgewing hulle slag te wys by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong, wat vanjaar die gasheer is.

HPP was die afgelope twee jaar nie net katjie van die baan nie, maar ook op die pawiljoen het die skool se sangers die geesbeker ingepalm.

Na afloop van Dinsdag se byeenkoms is CG Kruger aangewys as die senior Victor Ludorum en Michelle Duvenage as die senior Victrix Ludorum. Die junior Victor Ludorum is William Mohlaloga en Lachelle de Beer is die junior Victrix Lodurum.

Luzaan Taljaard het ‘n rekord in die gewigstoot vir meisies o/16 opgestel met ‘n afstand van 12,09 m.

Mirieck Griessel het ook in die gewigstoot vir meisies o/19 die rekord van 10,10 m (2005) verbeter met ‘n pragafstand van 10,90 m.

Marnus Uys het in die 100 m vir seuns o/19 ‘n rekord van 0:10:79 opgestel.

Die rekord wat deur Freek de Haan in 2004 opgestel was, was 0:10:8.

Saterdag kom HPP op hulle baan teen Hoërskool Frikkie Meyer, Hoërskool Ellisras en Hoërskool Hans Strijdom te staan. Die byeenkoms begin om 08:00 en die gemeenskap word uitgenooi om die skool se atlete te kom ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button