Osies laat waai tydens Voëltjie- atletiek
Sewe rekords het verlede Woensdag by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Voëltjie-atletiek gespat. Die byeenkoms het as uitdunronde vir die Skoleatletiekkampioenskappe vir P1-skole, wat Vrydag plaasgevind het, gedien. TJ Conradie het ‘n nuwe rekord van 4,02 m in die verspring vir seuns o.10 opgestel. Die vorige rekord was 4,0 m. Zandré Jooste was kort op sy …
Sewe rekords het verlede Woensdag by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Voëltjie-atletiek gespat.
Die byeenkoms het as uitdunronde vir die Skoleatletiekkampioenskappe vir P1-skole, wat Vrydag plaasgevind het, gedien.
TJ Conradie het ‘n nuwe rekord van 4,02 m in die verspring vir seuns o.10 opgestel. Die vorige rekord was 4,0 m. Zandré Jooste was kort op sy hakke in die tweedeplek met ‘n sprong van
4,01 m, waarmee hy ook die vorige rekord gebreek het.
Rinelda van der Linde het die vorige rekord van 23,77 m in die werpskyf vir meisies o.13 na 26,38 m verbeter, terwyl Morné Henning die 1 500 m vir seuns o.13 in 5:08.85 voltooi het en die vorige rekord met 20,28 sekondes verbeter het. Morné het ook ‘n nuwe rekord van 2:32.59 in die 800 m aangeteken.
Ayden Jordaan het die 1 200 m vir seuns o.12 in ‘n rekordtyd van 4:05.13 gehardloop.
‘n Rekordtyd van 13,69 sekondes het aan Zoë Dunster van den Heever die eersteplek in die 100 m vir meisies o.11 besorg.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com



Zoë Dunster van den Heever wen die 80 m.




