EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

Skeer, sproei of skenk jou hare vir hierdie jaar se KANSA Shavathon

Die jaarlikse Kansa Shavathon word op 27 en 28 Februarie gehou en by besighede vanaf 29 Februarie tot 4 Maart

POLOKWANE – Kom gee jou steun aan Shavathon 2016 deur jou hare in verskeie kleure te laat sproei of af te skeer en sodoende met ‘n klein donasie jou deel vir Kansa te doen.

Die jaarlikse Kansa Shavathon word op 27 en 28 Februarie gehou en by besighede vanaf 29 Februarie tot 4 Maart.

Deelnemers betaal ‘n donasie van R50 om deel te wees van die pret. Kinders onder 12 jaar betaal slegs R25.

Fondse wat ingesamel word by Shavathon-geleenthede help Kansa om voort te gaan met sorg- en ondersteuningsprogramme aan almal wat deur kanker geraak word.

Kansa help om opvoedkundige materiaal te verskaf wat inligting bevat oor hoe om ‘n persoon se risiko vir kanker te verminder en bied aan mense die geleentheid om siftingstoetse vir die vroeë opsporing van kanker te ondergaan.

Om te sien waar jou naaste Shavathon aangebied word, besoek https://www.shavathon.org.za/participating-shopping-centres/.

Werksplekke en maatskappye kan ook betrokke raak en self die gasheer van ‘n Shavathon by die werksplek wees. Dit bied aan die werkgewer en werknemers die geleentheid om te wys hoe kanker hulle lewens geraak het en kollegas wat met kanker gediagnoseer is of in remissie is, kan só bemoedig word.

Registreer jou Shavathon hier: https://www.shavathon.org.za/how-to-organise-your-own-shavathon-event/.

 

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button