Bosveld NewsBosveld SportNewsSport
Tradisie en pret voor die interhoër
'n Week van geesvang voor die Bosveld Interhoër is tradisie by Hoërskool Piet Potgieter. Die onderwysers en leerders het vandeesweek gesorg vir pret en lawwigheid.
MOKOPANE – ‘n Week van geesvang voor die Bosveld Interhoër is tradisie by Hoërskool Piet Potgieter. Die onderwysers en leerders het vandeesweek gesorg vir pret en lawwigheid.
Eers is daar met groot gejuig gekyk hoe die mansonderwysers in vrouevere die deelnemende skole se skoonhede uitbeeld met Piet Pot se hoofmeisie, Gabby Nel, wat stylvol tussen hulle uitstaan en die kroon opraap.
Dinsdag is ‘n “lockdown” gehou waar die leerders die onderwysers vasgebind en toegesluit het om vir die res van die dag te gaan geesvang op die atletiekbaan en gister is die “Big Brag” gehou om die atlete sterkte toe te wens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






