EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

Atlete word deel van die Hardloop vir Bybels-projek

Trek jou tekkies aan en stel jou stophorlosie en kom neem saam deel aan vanjaar se Hardloop vir Bybels-projek aangebied deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Belangstellendes kan vanjaar deel raak van dié projek deur deel te neem aan die Comrades Marathon wat op 29 Mei tussen Pietermaritzburg en Durban plaasvind. Ander wedlope waaraan atlete kan deelneem om by te dra tot die werk van die Bybelgenootskap, sluit die Two Oceans-, Loskopdam-, Suikerbosrand- en Nedbank City-marathon in.

Vriende, familie, gemeentelede of kollegas kan atlete borg vir elke kilometer wat hulle aflê en só word geld vir die Bybelgenootskap ingesamel.

Borgvorms word slegs aan atlete beskikbaar gestel na registrasievorms vir die wedloop deur die Bybelgenootskap ontvang is.

Die geld wat tydens die wedlope ingesamel word sal gebruik word vir ‘n verskeindenheid van die Bybelgenootskap se projekte wat onder meer daarop gerig is om Bybels aan arm mense beskikbaar te stel asook Bybelvertaling.

Die geld sal onder meer gebruik word vir die vertaling van die Engelse Bybel vir dowes, die verspreiding van Bybels onder gevangenes, gr. 7-leerders in agtergeblewe gebiede, en aan mense in Suid-Afrika se buurlande.

Vir meer inligting, kontak Marina Stebbing by (011) 970 4010 of per e-pos by stebbing@biblesociety.co.za.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button