NewsSchools

Pieties skenk 165 eenhede bloed

Leerders, leerkragte en ouers van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede week 165 eenhede bloed tydens ‘n skenkerkliniek in die skoolsaal geskenk. Die skool bied kwartaalliks bloedskenkkli-nieke aan waartydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) Limpopo telkens ‘n stewige hupstoot vir hul bloedvoorraad kry. PHS-leerders wat as bloedskenkverteenwoordigers werk het ingespring om soveel as moontlik potensiële …

Leerders, leerkragte en ouers van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede week 165 eenhede bloed tydens ‘n skenkerkliniek in die skoolsaal geskenk.
Die skool bied kwartaalliks bloedskenkkli-nieke aan waartydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) Limpopo telkens ‘n stewige hupstoot vir hul bloedvoorraad kry.
PHS-leerders wat as bloedskenkverteenwoordigers werk het ingespring om soveel as moontlik potensiële skenkers onder die wakende oog van Zelda van Jaarsveld, onderwyser en SANBS-koördineerder, te werf.
Altesaam 196 Pieties het die kliniek besoek maar weens mediese redes kon 31 nie skenk nie.
Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBS Limpopo sê PHS bied telkens een van die mees georganiseerde klinieke aan en sy is baie dankbaar dat jongmense help om ander ‘n beter kans op lewe te gee.
Skenkers het elkeen ‘n sleutelhouer as dankbetuiging van die SANBS ontvang.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Graad 10-leerder, Morné du Plessis laat hom nie van ‘n naald afskrik nie.
Graad 10-leerder, Morné du Plessis laat hom nie van ‘n naald afskrik nie.
Celine Vermeulen, graad 12, was die eerste skenker van PHS se eerste bloedskenkkliniek vir die jaar.
Celine Vermeulen, graad 12, was die eerste skenker van PHS se eerste bloedskenkkliniek vir die jaar.
Thatcher Malesa, leerlingverpleegster maak seker alles verloop seepglad terwyl Gian Fourie, graad 11, bloed skenk.
Thatcher Malesa, leerlingverpleegster maak seker alles verloop seepglad terwyl Gian Fourie, graad 11, bloed skenk.
Keith Zwane, bloedskenkwerwer van die SANBS Limpopo wys van die SANBS-sleutelhouers wat hulle by PHS uitgedeel het.
Keith Zwane, bloedskenkwerwer van die SANBS Limpopo wys van die SANBS-sleutelhouers wat hulle by PHS uitgedeel het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button