POLOKWANE – Die Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé se prysuitdeling vir gr. 8- tot gr.11-leerders van 2015 het op Dinsdag, 16 Februarie plaasgevind.
Sport:
• Jarno Britz (o/18) – erekleure in ringbal vir deelname op nasionale vlak.
• Corrie Cornelius (o/16) – erekleure in jukskei vir deelname op nasionale vlak.
• Chris Viljoen (o/17) – erekleure in jukskei vir deelname op nasionale vlak, uitsonderlike prestasie in jukskei, hy is verkies tot die noord-streek en nasionale span wat na Namibië later die jaar toer.
• Pieter du Rand (o/17) – erekleure in jukskei vir deelname op nasionale vlak
• Ruben Krüger (o/17) verwerf erekleure in jukskei vir deelname op nasionale vlak.
Akademie:
• Morné Khan (gr. 8 in 2015) – die ATKV-sertifikaat vir prestasie in Afrikaans, sertifikate vir nege onderskeidings, erekleure vir akademiese prestasie, vakprys vir tegnologie teorie, ingenieursgrafika en ontwerp en lewensoriëntering. Hy kwalifiseer vir die eerste been van die brons medalje met ‘n gemiddeld bo 80% en verwerf die Tommiemedalje vir beste akademiese prestasie in gr. 8 gedurende 2015.
• Tebogo Makgabo (gr. 9 in 2015) – ATKV-sertifikaat vir prestasie in Afrikaans, sertifikate vir 10 onderskeidings, en die sertifikaat vir verdienstelike prestasie vir 91% in addisionele wiskunde. Hy kry erekleure vir akademiese prestasie. Tebogo behaal vakprys vir tegnologie teorie, ingenieursgrafika en ontwerp, wiskunde, ekonomiese en bestuurswetenskap, Engels Huistaal, sosiale wetenskappe en natuurwetenskap. Hy ontvang die brons medalje met ‘n gemiddeld bo 80% in gr. 8 en gr. 9 en verwerf die Tommiemedalje vir beste akademiese prestasie in gr. 9 gedurende 2015.
• Armich Lottering (gr. 10 in 2015) – ATKV-sertifikaat vir prestasie in Afrikaans, sertifikate vir vyf onderskeidings, en die vakpryse vir ingenieursgrafika en ontwerp en elektriese teorie. Hy verwerf die sertifikaat vir uitsonderlike prestasie met 72% vir addisionele wiskunde en verwerf erekleure vir akademiese prestasie. Hy kwalifiseer vir die eerste been van die silwer medalje met ‘n gemiddeld bo 80% in gr. 10 en verwerf die Tommiemedalje vir beste akademiese prestasie in gr. 10 gedurende 2015.
• Jarno Britz (gr. 11 in 2015) – ATKV-sertifikaat vir prestasie in Afrikaans en sertifikate vir ses onderskeidings. Hy verwerf die vakprys vir ingenieursgrafika en ontwerp, elektriese tegnologie, fisiese wetenskap, Afrikaans Huistaal en wiskunde. Hy verwerf erekleure vir akademiese prestasie en ‘n silwer medalje vir ‘n gemiddeld bo 80% in gr. 10 en gr. 11. Hy verwerf die Erzet-trofee vir beste prestasie in wiskunde en fisiese wetenskappe in gr. 11 en die Robert H. Meyer-trofee vir beste prestasie in ingenieursgrafika en ontwerp in gr. 11. Hy verwerf die Tommiemedalje vir die beste akademiese prestasie in gr. 11 gedurende 2015.





