Tom Naudé se eerste rugbyspan het ‘n poets gebak op Meneer Piet Holzhauzen nadat hy hulle gemaan het om nie deel te neem aan die Kaskar wedrenne. Kyk video hier
[VIDEO] Tom Naudé se eerste rugbyspan het ‘n poets gebak op Meneer Piet Holzhauzen nadat hy hulle gemaan het om nie deel te neem aan die Kaskar wedrenne wat op Vrydag, 4 Maart plaasgevind het nie. In samewerking met die paramedikus, Braam Vorster, het hulle gemaak of hulle baie seer gekry het in hoop om reaksie van die skoolhoof te kry.
“My hart sal dit nie hou nie, as Dian Venter iets moet oorkom… hys omtrent die hele span alleen. Oppad na die saal waar hulle vir my gewag het, het ek reeds aan oplossings probeer dink. Ek is bly hulle het niks oorgekom nie,” vertel hy laggend.
“Ons het dit in goeie sportmangees gedoen” – Dian Venter.