Noordskool speel gasheer vir vriendskaplike sportdag
Laerskool Pietersburg-Noord Primary het onlangs agt skole op hul eie asook Hoërskool Pietersburg (PHS) se sportvelde verwelkom. Die skole het op vriendskaplike basis teen mekaar op die rugby- en netbalveld meegeding om die leerders vir die komende wintersportseisoen voor te berei en om afrigters geleentheid te gee om seker te maak dat hul spelers in …
Laerskool Pietersburg-Noord Primary het onlangs agt skole op hul eie asook Hoërskool Pietersburg (PHS) se sportvelde verwelkom.
Die skole het op vriendskaplike basis teen mekaar op die rugby- en netbalveld meegeding om die leerders vir die komende wintersportseisoen voor te berei en om afrigters geleentheid te gee om seker te maak dat hul spelers in die beste posisies gebruik word.
Deelnemende skole was Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Phalaborwa, Laerskool Messina, Laerskool Piet Hugo, Curro Heuwelkruin Laerskool, Pietersburg Laerskool en Laerskool Pietersburg-Noord Primary.
Geen uitslae was teen druktyd beskikbaar nie.

Foto’s: Barry Viljoen

Hoof foto: JP Strydom van Laerskool Pietersburg-Oos se derdespan spring vir die bal in die wedstryd teen Laerskool Pietersburg Noord Primary se tweede span.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



