NewsSchools

Tjokkers en Juffers vier fees

Oosskool se graad R leerders het Vrydag hulle sesde verjaardag met groot pret, baie speel, lekker eet en ‘n feestelike atmosfeer gevier. Die onderskeie klasse is na fotosessies rugbyveld toe waar springkastele en waterwurms, wat deur ouers geborg is, op hulle gewag het om die ideale partytjieatmosfeer vir die Juffers en Tjokkers te skep. Geldinsamelingsinisiatiewe …

Oosskool se graad R leerders het Vrydag hulle sesde verjaardag met groot pret, baie speel, lekker eet en ‘n feestelike atmosfeer gevier.
Die onderskeie klasse is na fotosessies rugbyveld toe waar springkastele en waterwurms, wat deur ouers geborg is, op hulle gewag het om die ideale partytjieatmosfeer vir die Juffers en Tjokkers te skep.
Geldinsamelingsinisiatiewe is jaarliks deel van die verjaarsdagvieringe. Vanjaar is op ‘n Noot vir Nood-dag besluit om die nood van talle behoeftige kinders in die skool aan te spreek.
Die inkomste wat gegenereer word, word ook vir opvoedkundige speletjies en ander noodsaaklike hulpmiddels vir die klasse gebruik.

Yana Mockford en Amanda van Zyl by die Kameel-perd-klas se partytjie-eetgoed.
Yana Mockford en Amanda van Zyl by die Kameel-perd-klas se partytjie-eetgoed.
Annabel Bezuidenhout, Karien Pretorius en Jolaine Burger by die krokodilkoek.
Annabel Bezuidenhout, Karien Pretorius en Jolaine Burger by die krokodilkoek.
Anja Roux sit op leerkrag, Mariska Nel se skoot.
Anja Roux sit op leerkrag, Mariska Nel se skoot.
Andrea Maritz, Juffer vir die dag, en Tjokker, Caleb Braack.
Andrea Maritz, Juffer vir die dag, en Tjokker, Caleb Braack.
Lhea Davel en Kylee Putter smul aan die eetgoed.
Lhea Davel en Kylee Putter smul aan die eetgoed.
Damien Prinsloo en Jaden Venter baljaar op die springkasteel tydens die Tjokkers en Juffers se verjaarsdagpartytjie.
Damien Prinsloo en Jaden Venter baljaar op die springkasteel tydens die Tjokkers en Juffers se verjaarsdagpartytjie.
Anja de Nysschen, graad R-leerkrag wys vir die leerders waar hulle kan rinkink.
Anja de Nysschen, graad R-leerkrag wys vir die leerders waar hulle kan rinkink.

Hoof foto: Luhané Ehlers en Cara Botha. – Foto’s: Nelie Erasmus

NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button