NewsSchools

Dramaleerders bekoor met Tong en Taal-poësieproduksie

Die dramadepartement van Curro Heuwelkruin het verlede Donderdagaand tydens die skool se jaarlikse Tong en Taal-poësieproduksie die gehoor met hul talent verstom. Graad 8 tot -10-dramaleerders wat moes self hul temas kies en die totale produksie sonder hulp behartig. Die 53 gedigte wat uitgevoer is, het temas soos die nuus, politiek, ‘n sirkus, malhuis en …

Die dramadepartement van Curro Heuwelkruin het verlede Donderdagaand tydens die skool se jaarlikse Tong en Taal-poësieproduksie die gehoor met hul talent verstom.
Graad 8 tot -10-dramaleerders wat moes self hul temas kies en die totale produksie sonder hulp behartig.
Die 53 gedigte wat uitgevoer is, het temas soos die nuus, politiek, ‘n sirkus, malhuis en die mens se identiteit gedek. Van Phillip de Vos se werke is ook deur spreekkore uitgevoer.
Drama-onderwyser, Nicole Senekal sê die Tong en Taal-produksie is sedert 2008 ‘n kulturele instelling by die skool en het van van 10 tot 28 leerders gegroei.
“Die droom van die projek is om leerders weer lief te maak vir poësie en dit op ‘n kreatiewe manier te doen. Elke oomblik van die produksie is deur hul eie insette en kreatiewe denke in hul praktiese klaswerk ineengevleg.”
Senekal verwys na haar dramastudente as “dramaters” en sê dat hulle ‘n familie binne die Heuwelkruin-familie is. Curro Heuwelkruin is die enigste skool in die provinsie wat drama as vak aanbied.
“Elke leerder beskik oor fenomenale talent om regtig poësie te verstaan en dit op die verhoog weer te gee. Ons spandeer baie tyd saam en ek kan waarlik sê elkeen van my ‘dramaters’ lê baie na aan my hart,” sê Senekal.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Curro2 Curro

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button