Imke Willemse en Carien van der Heyde verkoop gegeurde melk.
POLOKWANE – Leerders het die marktafels beman en daar was ‘n groot verskeidenheid items te koop, veral eet- en drinkgoed, waaronder pizzaskywe, spookasem, pannekoek, gegeurde melk en gevriesde jogurt.
Die leerders kon ook op die dag volgens die tema van hul stalletjie aantrek in plaas daarvan om skooluniform te dra.
Gr. 8 PHS-leerder, Reinhardt de Beer maak gereed om volgens die gr. 8-stalletjie se “Superman”-tema in te pas.
Andrea Hugo en Hanna Helberg is soos meisies van Hawaii aangetrek om die feestelike tema van hul marktafel uit te beeld.
Sonja Pretorius en Corina Stars geniet dit om heerlike pannekoek te bak.
Gerhard Maré probeer medeleerders oortuig om spookasem te koop tydens die kwartaal se entrepreneursdag wat verlede Vrydag plaasgevind het.
Danté Ferreira en Marco Cronje kan nie genoeg kry van die pizza skywe nie.