Westenburg-leerders bou torings met toiletpapier
Leerders van Westenburg Sekondêre Skool het Donderdag toiletpapier, wat hulle oor vier dae ingesamel het aan die skool geskenk. Waarnemende hoof, Jimmy Steele sê elke registerklas het toiletpapier in spanverband ingesamel. “Vir die pret het klasse meege-ding om te kyk wie die hoogste toring met die toiletpapier kan bou.” Die leerders moes saamwerk om hul …
Leerders van Westenburg Sekondêre Skool het Donderdag toiletpapier, wat hulle oor vier dae ingesamel het aan die skool geskenk.
Waarnemende hoof, Jimmy Steele sê elke registerklas het toiletpapier in spanverband ingesamel. “Vir die pret het klasse meege-ding om te kyk wie die hoogste toring met die toiletpapier kan bou.”

Thabang Mashiane wys hoe sy graad 9B- klas met hul toring vorder.
Leerders van graad 9D, Mahkitse Maboa en Andrien Kganya maak vinnig plan om hul toring meer stabieler te maak.
Die leerders moes saamwerk om hul pogings bo die ander spanne s’n te laat uitstaan.
Steele het met die inisiatief vorendag gekom omdat die skool ‘n tekort aan toiletpapier gehad het.
Hoof foto: Graad 10B se Racqueli Molovela konsentreer om nie haar klas se toiletpapiertoring te laat tuimel nie.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com



