NewsSchools

Kruinies bly tops, sê meneer Haasbroek

Vroeg verlede jaar het Curro Heuwelkruin 'n nuwe Operasionele Hoof, Jaco Haasbroek, aangestel. Review het by hom ingeloer om meer van die nuwe gesig by die skool uit te vind.

POLOKWANE – “Ek is getroud met Jacolene wat ook hier by Heuwelkruin werksaam is. Ons kom van Kathu in die Noord-Kaap af waar ek operasionele hoof van Curro Kathu was. Curro het my gevra of ek sou belangstel in ‘n verplasing Polokwane toe en ons het besluit dat dit ‘n goeie tyd was om ‘n skuif te maak.”

Jaco was in Odendaalsrus op skool en het by Wessel Maree Hoërskool sy gr. 12-jaar voltooi. Na skool het hy by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus onderwys studeer. Sy eerste posaanvaarding in die onderwys was in Mokopane waarna hy uit die onderwysbedryf is en in Botswana en Zambië werksaam was.

“Ek bied nou wiskunde vir die gr. 10-leerders aan, maar ek is eintlik ‘n gekwalifiseerde tegniese onderwyser. Ek het altyd tegniese tekene en wiskunde aangebied, maar later van tyd net wiskunde. Die onderwys het deur die jare baie verander, deesdae het leerders soveel meer vryheid. Die Kruinies hanteer die vryheid goed en hulle is ongelooflike kinders met baie dissipline. Die ouers se betrokkenheid by die skool en die opvoeding van die leerders is ook een van die sleutels tot sukses.”

In sy vrye tyd hou hy daarvan om tyd in die buitelug saam met sy vrou te spandeer en hulle besoek gereeld die wildtuin of jag graag saam. Wanneer hy die geleentheid kry ontspan hy graag op die gholfbaan met ‘n potjie gholf.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button