NewsSchools

Oom Willem maak alles reg

Enige instansie het instandhoudingswerk nodig en vir Oosskool is Oom Willem, soos al die kinders hom ken, altyd gereed om te help.

POLOKWANE – Oom Willem Vos het in 2005 by Oosskool aangesluit waar hy vir drie jaar betrokke was by die skool se instandhoudingswerk. In 2009 het hy ‘n ander aanbod gekry, maar twee jaar later teruggekom Oosskool toe waar hy steeds is.

“Toe die destydse skoolhoof my nader om terug te kom Oosskool toe, het ek die kans aangegryp. Ek geniet dit vreeslik baie hier en ek ken die skool soos die palm van my hand.”

Hy vertel dat hy altyd besig is met iets en dat hy nooit stilsit nie. As dit nie gewone instandhouding is nie, bou hy borde uit hout vir die personeelkamer of doen hy staalwerk.

Hy vertel dat hy die leerders se geselskap baie geniet en dat die skool soos een groot familie vir hom is.

“Ek werk dwarsdeur die skoolvakansies om instandhoudingswerk te doen wat die klasse kan ontwrig. Die laaste week van die skoolvakansie is gewoonlik die besigste tyd vir ons aangesien ons dan klasse moet skoonmaak en die skool gereed maak kry vir die volgende kwartaal. Soms moet ek tot laat in die aande hier wees as daar funksies by die skool gehou word soos die onlangse Adam-konsert.”

Oom Willem vertel dat hy getroud is met Helena en dat hulle drie kinders het en drie kleinkinders. In sy vrye tyd hou hy homself besig met handwerk en om tyd saam met sy familie te spandeer.

Hy sê dat hy nog ver van aftree is en sal aanbly vir solank as menslik moontlik en sy gesondheid hom toelaat. “Ek sal met gereedskap in my hande, hard aan die werk doodgaan as ek die keuse het,” skerts hy.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button