Erica-kleuters se atletiektalent blom
Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het hul spiere van staal en atletiese talent tydens die skool se onlangse atletiekbyeenkoms ten toon gestel. Die beroemde Erica Pom-Pom Meisies het die dag se gebeure saam met die skool se rasieleiers op die atletiekbaan van Hoërskool Pietersburg (PHS) geopen en toeskouers met hul vindingryke danspassies verstom. Die kleuters …
Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het hul spiere van staal en atletiese talent tydens die skool se onlangse atletiekbyeenkoms ten toon gestel.
Die beroemde Erica Pom-Pom Meisies het die dag se gebeure saam met die skool se rasieleiers op die atletiekbaan van Hoërskool Pietersburg (PHS) geopen en toeskouers met hul vindingryke danspassies verstom.
Die kleuters het met oorgawe aan elke item deelgeneem terwyl toeskouers hul entoesiasties aangemoedig het.
‘n Boeremarkdag is vir die eerste keer saam met die jaarlikse atletiekdag gehou en almal kon na hartelus tussen die stalletjies rondsnuffel. ‘n Verskeidenheid groente, vleis, tuisgebak en kunswerke was te koop.
Kleuters het ook voor die verrigtinge blik geskud om geld vir hulle skool in te samel en na die tyd ‘n kleurpretdraf, waar hulle deelnemers met verfpoeier kon gooi, saam met hul ouers geniet.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com




Viané Joubert en Luhan Olivier is van die dirigente van Erica Pre-primêre Skool wat gaste met hulle danspassies vermaak het.



