POLOKWANE – “Die skool het ‘n nuwe personeelkamer en personeelwerkstasies benodig omdat die ou personeelkamer in ‘n klaskamer omskep is,” sê Eben Lingenfelder, die Uitvoerende Hoof van Curro Heuwelkruin.
“Personeel wat nou binne die nuwe administrasieblok werksaam is sluit in Cecile Pretorius (Finansies), Adriana Lehman (Persoonlike Assistent van die Uitvoerende Hoof), Nelmari Herbst (Bemarker) en Nicole Senekal (Senior en VOO-fase Hoofde). Die personeelkamer, afrolkamer, personeelrekenaar en werkskamer en tydelike personeel se kantoor (vir periode aanstellings) is ook hier.”
Planne vir die skool sluit in ‘n skoolsaal met kapasiteit vir 2 000 mense, ‘n nuwe hokkieveld en nog ‘n rugbyveld, voertuigstoor, werkswinkel, en fase twee van die hoërskool.




