Wen kaartjies vir trefferfliek onder die sterre
Om na die gewilde film, ‘Vir Altyd’ onder die sterre in die stad te kyk, beloof ‘n spesiale ervaring te wees. Hoërskool Pietersburg (PHS) bied die besondere fliekaand op 13 April op die skool se rugbyveld aan en hoofrolspelers, Ivan Botha en Donnalee Roberts kan boonop ontmoet word. Drie gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies na …
Om na die gewilde film, ‘Vir Altyd’ onder die sterre in die stad te kyk, beloof ‘n spesiale ervaring te wees.
Hoërskool Pietersburg (PHS) bied die besondere fliekaand op 13 April op die skool se rugbyveld aan en hoofrolspelers, Ivan Botha en Donnalee Roberts kan boonop ontmoet word. Drie gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies na die geleentheid wen deur slegs die naam en van van die vroulike hoofkarakter na alishia@starburstmusic.co.za te stuur. Inskrywings sluit reeds môre (Vrydag) om 12:00.
“Verlede jaar was ‘n reuse sukses en vanjaar gaan nog beter wees. Dit is ‘n voorreg en plesier om die twee Afrikaanse akteurs by die skool te verwelkom,” sê PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman.
Die hekke open al om 17:00 en die vertoning begin om 19:00 op die grootskerm. Kaartjies is by die skool teen R60 beskikbaar. Bring geld saam vir die verskeidenheid kosstalletjies en drinkgoed.
Die fliek handel oor Nina (Roberts) en Hugo (Botha) wat beste maats as kinders was en na jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou. Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal. Toe sy weer sien, is sy en Hugo albei op ’n vliegtuig op pad na die tropiese eiland, Mauritius.
Skakel Schoeman by 082 876 5914 vir meer inligting.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



