Local NewsNewsSchools

PLS-spelers vra help om hul droom to bewaarheid

Die spelers is genooi om later vanjaar na Dubai te toer. "Dit is 'n groot geleentheid en voorreg vir die seuns."

POLOKWANE – Die o/11 seunsrugbyspan van Laerskool Pietersburg (PLS) het gedurende die skoolvakansie na Konka in Rustenburg getoer onder die afrigting van Marten Gobey en Chris de Klerk.

Na afloop van die toer is van die spelers genooi om later vanjaar na Dubai te toer. Die Dubai-toer is die inisiatief van Travel & Sport en hulle het die Konka Toernooi geloods as keuringsproses om spelers uit te lig en te kies vir die Dubai-toer.

Die toer na Dubai gaan aan die einde van die skooljaar tydens die Desembervakansie plaasvind. Die genooide spelers gaan die geleentheid kry om die Blitsbokke wedtryde by te woon en raad by die spanne te ontvang oor hoe om hul eie rugbyspel en tegnieke te verbeter.

Koste vir die toer na Dubai beloop R35 400 per speler. Daar is dus min tyd oor vir die spelers om die nodige fondse in te samel. Daar is slegs 25 plekke beskikbaar en die spelers gaan die nodige fondse of deposito moet betaal om hulle plek te verseker.

Een van die jong spelers se ouers, Mariëtte Kellett, het Review onlangs gekontak om die behoefte van haar eie seun sowel as die ander spelers uit te lig.

“Dit is ‘n groot geleentheid en voorreg vir die seuns. My seun, Patrick, wil graag eendag vir die Blou Bulle en die Springbokke uitdraf en hierdie toer sal die ideale geleentheid bied om hom op die regte pad te sit daarvoor. Daar moet ‘n deposito van R5 000.00 voor 15 April betaal word om hulle plek op die toer te verseker en ons as ouers wil graag ‘n beroep doen op besighede om te help waar moontlik om die drome van hierdie seuns te bewaarheid.

“Hierdie jong spelers wil bittergraag na Dubai gaan, maar ons as ouers kan dit nie bekostig nie,” pleit Kellett.

Daar word versoek dat indien iemand belangstel om die spelers te help of te borg, hulle die skool by (015) 295 9062 sal kontak.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button