EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

“Walk the Talk” stap vir liefdadigheid

Na 'n vorige, baie suksesvolle Walk the Talk pretstap, word die geleentheid weer hierdie jaar aangebied.

POLOKWANE – Polokwane Kinder en Gesinsorg Vereninging is ‘n nie-regerings organisasie en dus afhanklik van geldinsamelings en donasies vir dienslewering. Na ‘n vorige, baie suksesvolle Walk the Talk pretstap, word die geleentheid weer hierdie jaar op Vrydag 6 Mei aangebied. Hierdie jaar is daar ‘n nuwe staproete met ander gemeentes as gashere.

“Ons organisasie werk interkerklik en neem die vrymoedigheid om lesers te nader om betrokke te raak,” vertel Lorette Bosch, maatskaplike werker en kantoorhoof by Polokwane Kinder en Gesinsorg Vereninging.

Spanne van 10 deelnemers kan inskryf. Die spanne stap dan op maat van die musiek vanaf die Gereformeerde Kerk Suid in McDonald Straat waar hulle voorgereg eet, tot by Martha Hofmeyer en Vergeet My Nie Behuising in Hoogstraat vir hoofgereg. Die laaste been is na die Agape Kerk in Kiddslaan vir nagereg. In totaal sal 5.5 km afgelê word.

“Dit is darm heelpad afdraande en dit maak vir ‘n lekker kuier geleentheid,” vertel Bosch laggend.

Inskrywings koste beloop R100 per persoon en deelnemers word gemaan om gemaklik aan te trek.

Die optog sal deur ‘n vragmotor gevolg word waarin toeskouers en deelnemers ou klere en blikkies kos kan plaas. ‘n Bussie sal ook saamry om die wat moeg word op te laai en mediese personeel van ER24 sal beskikbaar wees indien nodig. Die sluitings datum vir inskrywings is 18 April met pryse vir die meeste span inskrywings en die oorspronklikste span met die meeste gees.

maretha@nmgroup.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button