NewsSchools

Kruinies vier Stigtingsdag met speletjies, sport

‘n Pizza-eet- en Coke-drinkkompetisie, fietsry en ‘n uitdagende hindernisbaan was Vrydag van die bedrywighede van Curro Heuwelkruin se Stigtingsdagvieringe op die skoolterrein wat Saterdag met ‘n rugby- en netbalkragmeting teen Hoërskool Ben Vors-ter as hoogtepunt afgesluit is. Vrydag het leerders in hul onderskeie grade mekaar die stryd aangesê om te kyk wie ‘n sny pizza …

‘n Pizza-eet- en Coke-drinkkompetisie, fietsry en ‘n uitdagende hindernisbaan was Vrydag van die bedrywighede van Curro Heuwelkruin se Stigtingsdagvieringe op die skoolterrein wat Saterdag met ‘n rugby- en netbalkragmeting teen Hoërskool Ben Vors-ter as hoogtepunt afgesluit is.
Vrydag het leerders in hul onderskeie grade mekaar die stryd aangesê om te kyk wie ‘n sny pizza die vinnigste kan eet, ‘n glas koeldrank die vinnigste kan wegsluk en tussen punte die vinnigste kan hardloop of fietsry om by die hindernisbaan uit te kom. Ouers en onderwysers het mekaar op die hokkiebaan in ‘n rolbalwedstryd aangedurf terwyl die potjies ook rustig in die potjiekos-kompetisie geprut het.
Saterdag se wedstryde het gemengde welslae opgelewer.
Op die rugbyveld het die o.10-span 29-10 teen Curro Secunda gewen terwyl die o.13-span 0-17 teen Laerskool Messina verloor het. Na afloop van ‘n taai wedstryd tussen die o.17-spanne was die telling steeds gelykop met 28 elk terwyl Kruinies se eerstespan met ‘n 12-38 loesing tevrede moes wees.
Op die netbalbaan het die Kruinies teen die Vossies en Hoërskool Nylstroom te staan gekom, maar uitslae was nie teen druktyd beskikbaar nie.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Carli Engelbrecht lê weg aan ‘n sny pizza.
Carli Engelbrecht lê weg aan ‘n sny pizza.
Metja Bambo laat die blikkies met ‘n verfbalgeweer kantel.
Metja Bambo laat die blikkies met ‘n verfbalgeweer kantel.
Naledi Modiba gee vet op die skopfiets.
Naledi Modiba gee vet op die skopfiets.
Kruinies se eerste rugbyspanspeler, Stefan Nel agter die bal.
Kruinies se eerste rugbyspanspeler, Stefan Nel agter die bal.
Renier Gerber, eerste-spanspe-ler, soek ‘n gaping tussen sy oppo-nente en die skeids­regter.
Renier Gerber, eerste-spanspe-ler, soek ‘n gaping tussen sy oppo-nente en die skeids­regter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button