NewsSchools

Rekordwildveiling vir CVO Potgietersrus

Die Christelike Volkseie-onderwys (CVO) Skool Potgietersrus se tweede jaarlikse wildveiling wat Saterdag in samewerking met Vleissentraal Bosveld by die skool gehou is, was ‘n reuse sukses met ‘n omset van R6,36 miljoen. Stapelvure met biltong en braaivleis het vir ‘n gesellige Bosveldatmosfeer gesorg en besoekers kon hul tyd by industrieverwante stalletjies verwyl. Ongeveer 250 kopers …

Die Christelike Volkseie-onderwys (CVO) Skool Potgietersrus se tweede jaarlikse wildveiling wat Saterdag in samewerking met Vleissentraal Bosveld by die skool gehou is, was ‘n reuse sukses met ‘n omset van R6,36 miljoen.
Stapelvure met biltong en braaivleis het vir ‘n gesellige Bosveldatmosfeer gesorg en besoekers kon hul tyd by industrieverwante stalletjies verwyl. Ongeveer 250 kopers het gemaklik in die skoolsaal met ‘n kuieratmosfeer rondom tafels ingepas en 130 lotte met 430 stuks eksotiese en gewone wildsoorte het onder die hamer gekom.
Volgens Gideon Parsons, wat deel was van die reëlingskomitee, het jong njalaooie teen R26 000 stuk verkoop terwyl ‘n njalabul met ‘n horinglengte van 29” van Marzyl Boerdery (Edms) Bpk R90 000 behaal het.
Die hoogste prys wat behaal is, was vir ‘n goue wildebees, ook van Marzyl Boerdery wat aan Willem Kruger van Zeekoe Valley Wild­boerdery Roedtan vir R500 000 verkoop is.
Ander verkope was ‘n rietbokram met ‘n horinglengte van 14” wat vir R32 000 verkoop het asook dragtige Zambiese swartwitpens kruisverse wat teen R220 000 stuk verhandel het. Afslaer, Niel Swart van Vleissentraal Bosveld, het bevestig dat die veilingpryse beter was as die afgelope paar bosveldwildsveilings.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hierdie basterhartebeeskoei het R58 000 gehaal.
Hierdie basterhartebeeskoei het R58 000 gehaal.
Die elandvers wat vir R120 000 verkoop is.
Die elandvers wat vir R120 000 verkoop is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button