NewsSchools

CVO Wildsveiling sukses met goeie pryse behaal

Die tweede CVO-Skool Potgietersrus Wildsveiling is verlede Vrydag deur die knap span van Vleissentraal Bosveld aangebied

MOKOPANE – Die tweede CVO-Skool Potgietersrus Wildsveiling is verlede Vrydag deur die knap span van Vleissentraal Bosveld aangebied en die geleentheid het op die hoogste van hoë note geeïndig met ‘n R6 361 900 omset.

Die wildsveiling is die CVO-skool se grootste fondsinsameling en is verlede jaar vir die eerste keer op die been gebring.

Skoolhoof Jan Harmse sê: “dit is nou deel van die skool se tradisie en ‘n jaarlikse instelling”.

Sowat 250 kopers het heerlik in die skoolsaal gekuier terwyl 130 lotte met 430 stuks verskeie eksotiese en gewone wildsoorte onder die hamer gekom het.

Piet van Zyl van Marzyl Boerdery se spog goue Wildebeesbul is vir die reuse bedrag van R500 000 aan WJ Kruger Boerdery verkoop.

Die CVO-skool bedank Vleissentraal Bosveld, al die organiseerders, kopers, verkopers en ouers, wat bygedrae het tot die enorme suskes van die aand. Lesers kan reeds die volgende CVO-Skool Potgietersrus Wildsveiling in hul dagboek aanteken vir 11 Maart.

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button