Vermeende inbreker na bewering deur huiseienaar geskiet
Die Polokwane polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geloods nadat ‘n vermeende inbreker verlede Donderdagoggend is in Groblerstraat doodgeskiet is. Die voorval het omstreeks 04:00 gebeur toe die huiseienaar glo geluide in sy erf gehoor het. “Die eienaar het glo die vermeende inbreker gekonfronteer waarna ‘n skoot afgevuur en die oortreder in die kop getref is,” …

Die Polokwane polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geloods nadat ‘n vermeende inbreker verlede Donderdagoggend is in Groblerstraat doodgeskiet is.
Die voorval het omstreeks 04:00 gebeur toe die huiseienaar glo geluide in sy erf gehoor het.
“Die eienaar het glo die vermeende inbreker gekonfronteer waarna ‘n skoot afgevuur en die oortreder in die kop getref is,” het Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba verlede week gesê. Daar is vermoedelik ook gesteelde goedere soos selfone in die oorledene se besit gevind.
Polokwane polisie se kommunikasiehoof, Ntobeng Phala het Maandag gesê die ondersoek duur voort.
“Alle verklarings is reeds geneem en die polisie werk onverpoos om duidelikheid oor die voorval te verkry,” sê hy.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Foto: Polisie op die toneel by ‘n huis in Groblerstraat waar ‘n vermeende inbreker glo verlede Donderdag doodgeskiet is.



