‘Senior burgers is ‘n aanwins vir die gemeenskap’ – Mothiba
Bolivia Lodge het Dinsdagoggend sowat 150 bejaardes wat ‘n praatjie deur Attie Vermaak, voormalige stadsklerk van Polokwane bygewoon het, verwelkom. Die geleentheid was deel van die Tooi Turkoois vir Bejaardes-veldtog wat van Internasionale Famliedag op 15 Mei tot Bewustheidsdag vir Bejaardemishandeling op 15 Junie strek om mense te mobiliseer om senior burgers te ondersteun en …

Bolivia Lodge het Dinsdagoggend sowat 150 bejaardes wat ‘n praatjie deur Attie Vermaak, voormalige stadsklerk van Polokwane bygewoon het, verwelkom.
Die geleentheid was deel van die Tooi Turkoois vir Bejaardes-veldtog wat van Internasionale Famliedag op 15 Mei tot Bewustheidsdag vir Bejaardemishandeling op 15 Junie strek om mense te mobiliseer om senior burgers te ondersteun en organisasies en instansies geleentheid te gee om geld in te samel wat tot die voordeel van bejaardes gebruik sal word.
Turkooismateriaal kan vir die duur van die veldtog om bome vasgemaak word en ondersteuningstrikkies is ook beskikbaar.
Mabotse Mothiba, burgemeesterskomiteelid vir sport, kuns en kultuur en spesiale fokus van Polokwane Munisipaliteit, het die seniors by Bolivia Lodge verwelkom en gesê dat die munisipaliteit die veldtog steun en reeds 60 turkooislappe aangekoop wat om bome in die stad vasgebind sal word. Sy het beklemtoon dat senior burgers dieselfde regte as ander inwoners het en dat hulle ‘n groot aanwins vir die gemeenskap is.
“Die regering sal steeds die voorsiening van basiese behoeftes van bejaardes prioritiseer,” het Mothiba verseker.
Vermaak het gesê dat ouderdom met bekommernis, siektes en skete gepaardgaan en dit almal se lot is. “Nostalgie is goed, maar ons moet eerder vorentoe kyk en beplan. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan beslis ons toekoms beïnvloed en ons kennis terugploeg.”
Verdere besonderhede oor die veldtog kan van Magda van Deventer by 082 579 6966 verkry word. Lappe en strikkies kan by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes by 015 491 5741/3129 bestel word.
Hoof foto: Attie en Skieppie Vermaak, Petru Wolmarans, Adri Viviers en Mariana van der Walt.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com





