Bosveld NewsNews

Hul dryf herwinningsprojek

Die herwinningsprojek wat vroeër vanjaar deur die Mogalakwena Munisipaliteit en Anti Waste op die been gebring is, is danksy die DA raadslede volstoom aan die gang.

MOKOPANE – Coetzee en Dekker vertel die projek is aanvanklik met groot opwinding vanaf die gemeenskap ondersteun. Hulle vind egter dat daar tans ‘n afname in belangstelling onder die publiek is, weens die feit dat die munisipaliteit die asblikke gedurende werksure, wanneer die meeste mense op kantoor is, versprei.

“Ons het besluit om dié projek te dryf, want ons wil graag ‘n bydrae maak tot die bewaring van ons gemeenskap en die omgewing.”

Hulle het die munisipaliteit genader met die voorstel dat hulle die projek namens hulle sal dryf en só sal verseker dat alle belangstellendes ‘n asblik ontvang. “Ons lewer asblikke na ure, elke dag vanaf 16:30 tot 18:00, en ook op Saterdae-oggende af. Anti Waste kom maak die asblik dan leeg op dieselfde dae as wat die area se vullis verwyder word.”

Vir diegene wat wil deel vorm van die projek, stuur ‘n SMS na 083 779 7746 met jou naam, adres en kontakbesonderhede. Vir meer inligting kan Coetzee by 079 273 7986 of Dekker by 082 878 1502, of Anti Waste by 083 345 6172 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button