Bosveld NewsLocal NewsNews

Geleentheidsrowers slaan toe by twee woonhuise

Die polisie doen 'n beroep op die gemeenskap om paraat te wees

MOKOPANE – Twee huise in die dorp was verlede Donderdag die teiken van geleentheidsrowers.

Die modus operandi van die drie booswigte, twee vroue en ‘n man, is om by ‘n huis deur die dag stil te hou en dan die huishulp te vra of een van die vroue moontlik die badkamer kan gebruik.

Die man wag in die voertuig, ‘n wit sedan, terwyl die ander vrou met die huishulp gesels terwyl die tweede vrou, goedere buit.

Die drie verdagtes het eers ‘n huis in Umkomaasstraat geteiken en goedere gesteel en daarna het hulle by ‘n woning in Parkstraat stilgehou.

Volgens Leon Hurter, reaksie-offisier van Suricat, het een van die verdagte vroue na bewering ‘n vuurwapen op die huishulp by die tweede huis gerig.

Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie.

Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi, sê geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Volgens ‘n inskrywing op Facebook vanaf die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Lephalale, het die drie verdagtes al verskeie huise in die omliggende dorpe geteiken.

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om paraat te wees en hulle werkers van dié tendens in te lig.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button