Bosveld NewsEntertainmentLifestyleNews

Kom kuier saam op die gholfbaan

Kry solank jou gholfstokke reg vir Woensdag, 3 Augustus, wanneer die Kierieklapper se gewilde gholfdag gehou word.

MOKOPANE -Die spelers sal weer kragte meet op die spog gholfbaan van die Kameeldoring Gholfklub. Hierdie gholfdag is ‘n vaste instelling op die dorp se sportkalender en alle spelers word genooi om saam te kom speel.

Die kompetisie neem die vorm aan van ‘n Betterball Scramble Drive dus is daar twee spelers in ‘n span en word daar weggespring vanaf die punt waar een van die spanlede die beste dryf van die bof af geslaan het. Die spanmaat wat die meeste punte oor al die putjies behaal het, is natuurlik die wenner van sy span.

Daar is plek vir 144 spelers en die eerste ‘shotgun-afslaan’ is stiptelik om 11:00. Dit beteken dat daar gelyktydig oor al agtien putjies afgeslaan word met die volgende afslaan tien minute later. Spelers moet voor 10:30 registreer en die koste beloop R200 vir volwassenes en R150 vir juniors. Hierdie bedrag sluit aandete in wat voorafgegaan word deur die prysuitdeling om 17:30.

Alle inkomste wat gegenereer word deur hierdie kompetisie gaan na die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes en die Kierieklapper Kunstefees se bestuurspan vra die gemeenskap om die dag te ondersteun.

Vir meer inligting kan Budd Welgemoed by die Kameeldoring Country Club gekontak word by 015 491 5563 / 082 686 1090 of hou die baan se kennisgewingbord dop.

Besoek gerus die KierieklapperKunstefees se webwerf om meer uit te vind oor al die vermaak by vanjaar se fees.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button