Bosveld NewsNews

Spellers toets hul vernuf

Sowat 180 leerders van 12 skole regoor Limpopo het verlede Vrydag hulle spelvernuf tydens die Limpopo Provinsiale kompetisie van die Sanlam WOW Spelfees op die proef gestel.

MOKOPANE – In die skoolsaal van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het die spellers reeds vroegoggend begin om hulle spelvermoë te meet en só te poog om ‘n plek in die nasionale kompetisie op 22 Oktober in Stellenbosch te bespreek. WOW, ‘n akroniem vir Woorde Open Wêrelde, het ten doel om ‘n liefde vir lees en woorde by leerders te kweek.

Die volgende spellers dring deur na die Nasionale kompetisie:

Laerskool Krugerpark: Carii van Rooyen (gr.2, eerste plek), Michael Alberts (gr. 3, vierde plek) en Fouche de Beer (gr. 5, derde plek).

CVO: Elricke van der Merwe (gr. 3 , eerste plek), Suzaan Nel (gr. 4 – tweede plek) en Anke Weideman (gr. 6, tweede plek).

Hoërskool Piet Potgieter René Buitendag (gr. 9, tweede plek), Ijanke Steyn (gr.9, derde plek) en Madelein Leibrandt (gr. 10, eerste plek)

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button