Bosveld NewsNews

‘n Noue ontkoming

'n Inowoner van Topaasstraat in Chroompark is Vrydagmiddag in haar agterplaas deur twee verdagtes oorrompel.

MOKOPANE – Amanda Fourie vertel: “Ek was besig om my tuin nat te lei toe ek twee verdagtes in my voortuin gewaar, hulle het gevlug, maar gesê: ‘we will come back later.’ Daarna het ek die kraan gaan toedraai om in die huis in te gaan, toe ek die volgende oomblik ‘n pyn in my sy voel.”

Volgens Fourie het die verdagtes haar met ‘n knipmes ‘n paar keer gesteek, maar gelukkig weens die koue het sy baie klere aangehad en het sy slegs vleeswonde opgedoen.

Fourie sê haar hond, ‘n pitbull, het tot haar redding gekom en die verdagtes verjaag. Sy bedank Marcelle Maritz (Hooforganiseerder van Vryheidsfront Plus) en die buurtwag vir hulle ondersteuning en flink diens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button