Bosveld NewsNews

VF+ se Valerie nou NKP se nuwe leier

"Ek het enorme respek vir die VF+ en als wat hulle al vermag het, maar na 'n deurdagte besluit het ek besef my waardes is sinoniem met dié van die NKP."

MOKOPANE – Valerie Byliefeldt wat tot en met die onlangse munisipale verkiesing nog vir die Vryheidsfront Plus (VF+) as kandidaat gestaan het, het Maandag vir Bosveld vertel sy het na die Nasionale Konserwatiewe Party (NKP) oorgestap en dien nou as leier in Mogalakwena.

Byliefeldt sê verder sy gaan nou die bloedhond van die gemeenskap wees en alle swak dienslewering op die lappe bring.

“Ek het as kandidaat van die VF+ gevoel my stem word soms gesmoor en as lid van die NKP is daar nou geen wag voor my mond nie.” Sy maan die gemeenskap om enige probleme rakende swak dienslewering aan haar te rig en sy onderneem om dit so spoedig moontlik op te los. Die gemeenskap kan haar kontak vir meer inligting by 073 457 3510.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button