Bosveld NewsCrimeNews

SOS-werker met ‘n mes gesteek en oorrompel

Die mans het gepoog om my in die bors met die mes te steek vertel die 22-jarige beheerkameroperateur van Special Operation Solutions (SOS)

MOKOPANE – ‘n 22-jarige beheerkameroperateur van Special Operation Solutions (SOS) is Sondagaand deur twee boosdoeners in De Klerkstraat oorrompel en in die arm met ‘n mes gesteek.

Die operateur, wat weens sy eie veiligheid anoniem wil bly, vertel hy was te voet op pad werk toe, toe hy deur twee mans aangeval is. “Hulle het my op die grond vasgedruk en gesê ‘tonight you will die’. Ek het probeer terugbaklei, maar die mes gesien en vir hulle gevra om my selfoon te vat en my lewe te spaar.

“Een van die mans het gepoog om my in die bors met die mes te steek, maar hy het my linkerarm getref, terwyl die ander een my met ‘n baksteen gegooi het.”

Die slagoffer vertel die aanvallers het eers die hasepad ingeslaan nadat ‘n verbyganger op die toneel gestop het en hom te hulp gesnel het. Die slagoffer is na die Mokopane Hospitaal gehaas waar hy steke in sy arm gekry het.

Reaksie-offisiere van SOS sê hulle het Saterdag ‘n beweerde dwelmhandelaar in Thabo Mbekirylaan met die hulp van die polisie vasgetrek en hulle het ‘n sterk vermoede dat die twee voorvalle met mekaar verband hou omdst die aanvallers niks wou buit nie, maar bloot gegaan het om die 22-jarige seer te maak. Maar dit is slegs blote spekulasie en kon nie deur polisie bevestig word nie.

‘n Saak is by die polisie aanhangig gemaak oor die voorval en ondersoeke duur steeds voort.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button