Bosveld NewsLocal NewsNews

Verhoging in krag word deur Nersa verwerp

Die vet is in die vuur op Mookgophong nadat die munisipaliteit in sy begroting aangedui het dat hy in die 2016/17 boekjaar 'n elektrisiteitsverhoging van 16% gaan hef.

LIMPOPO – Dit volg nadat daar reeds ‘n verhoging van 19% vir die 2015/16 boekjaar gehef is, sê Philip van Staden voorsitter van AfriForum se tak op Mookgophong vandeesweek aan Bosveld.

Mookgophong se AfriForum-tak het in Junie ‘n skrywe aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gestuur waarin hy Nersa in kennis stel van onregmatige elektrisiteitstariefverhogings wat deur die Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit gehef gaan word.

Volgens Van Staden is die verhoging vir die 2016/17-boekjaar nie deur Nersa toegestaan nie omdat dié organisasie ‘n maksimum verhoging van 7,64% voorstel.

“Indien ‘n munisipaliteit meer as die maksimum verhoging aanvra, stipuleer Nersa dat daar aansoek gedoen moet word vir só ‘n verhoging.

“Daarna moet dit eers in die Staatskoerant gepubliseer word voordat dit in werking gestel kan word.

“Die munisipaliteit het sonder Nersa se medewete probeer om ‘n eensydige elektrisiteitsverhoging te hef.

“Indien AfriForum nie ingegryp het nie en Nersa nie sy regulasies ingestel het nie, het dié munisipaliteit homself skuldig gemaak aan onwettige praktyke met die gevolg dat die belastingbetaler hiervoor sou boet,” sê Hein Gonzales, AfriForum se Streekshoof.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button