EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

Rugby legende deel sy suksesstorie

Die naam Danie Gerber is nie net bekend onder rugbyliefhebbers nie, maar ook by ander Suid-Afrikaners.

POLOKWANE – Review het die geleentheid gehad om met hom te gesels toe hy op Vrydag by Qwin Qwa Rula Lodge saam met inwoners van Polokwane gekuier het.

Gerber was ‘n rugbyspeler vir Suid-Afrika tussen 1980 en 1992 waar hy hoofsaaklik senter gespeel het.
“Ek het eers op 13-jarige ouderdom begin rugby speel en dit was nie altyd maklik nie. Ek moes hard werk om te kom waar ek is,” vertel hy.

Vraag: Dink jy jou loopbaan sou anders lyk as daar nie sportisolasie was nie?

Antwoord: Ja, my loopbaan sou baie anders gewees het. Ek sou meer as 100 toetse gespeel het en in twee wêreldbekers gespeel het. As gevolg van sportisolasie het ek slegs geleentheir gehad om 24 toetse te speel.

Vraag: Wou jy nog altyd rugby speel?

Antwoord: Ek het eers op 13 jaar begin speel in Dispatch. EK het krieket en gholf ook gespeel. Ek kan nie regtig sê of ek nog altyd rugby wou speel nie.

Vraag: Het jy ooit gedink jy gaan vir Suid-Afrika rugby speel?

Antwoord: ‘n Mens droom maar as jy hoor mense praat. Ek het geweet dit gaan harde werk verg, en dis wat ek gegee het.

Vraag: Wat is jou beste herinnering van jou tyd op die rugbyveld?

Antwoord: Toe Naas Botha die bal aangegee het, hahaha. Ek het tydens my eerste toets die eerste drie gedruk. Jou eerste toets en jou eerste drie is altyd groot gebeurtenisse en ek was gelukkig dat dit albei op dieselfde tyd gebeur het. My eerste drie na isolasie was ook iets om te onthou.

Vraag: Hoe voel jy oor jou benoeming in die Hall of Fame deur Martin Johnson en Bill McLaren

Antwoord: Dit is ‘n baie besonderse voorreg aangesien ek baie minder wedstryde as die ander spelers gespeel het. Die person naaste aan my het 71 wedstryde gespeel teenoor my 24 wedstryde.

Vraag: Wat is jou resep vir sukses?

Antwoord: Bly nederig en werk hard. Wees altyd naby die bal. Ek het besluit solank as wat ek rugby speel sal ek naby die bal bly, want dan sal die geleentheid na jou kant toe kom.

mareha@nmgroup.co.za

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button