Bosveld NewsLocal NewsNews

500 000 broodknippies kan ‘n groot verskil maak in iemand se lewe

Om broodknippies vir 'n rolstoel te ruil is definitief nie 'n foefie nie.

MOKOPANE – ‘n Vredeliewende inwoner van Mokopane, Hester Nieman, pak dié projek om 270 kg, sowat 500 000 broodknippies, te versamel ten bate van ‘n rolstoelskenking aan ‘n behoeftige met ope arms aan. Die plastiekskyfies waarmee broodsakkies toegemaak word, word aan die Polistireenverpakkingsraad van Suid Afrika verkoop. Hierdie geld word dan gebruik om rolstoele te koop. Praat van kreatief wees, hierdie broodknippies word weer hergebruik om saailingbakkies, patiomeubels, hangers en nog vele meer van te maak.

Mary Honeybun, van die Noord Kaap, het reeds 60 jaar gelede met hierdie lewensveranderende projek begin wat nou deur die Polistereenverpakkingsraad van Suid Afrika gekoördineer word.

Daar is reeds sowat 400 rolstoele geskenk met dié projek.

Hester volg diep in Mary Honeybun se voetspore en wil baie graag ‘n verskil in ander se lewens maak. Sy vra die gemeenskap, kerke, skole, restaurante en hospitale om te help en nie hulle broodknippies weg te gooi nie en vir haar bymekaar te maak. Vir navrae oor die projek kan sy gekontak word by 078 732 7855.

Met bystand en liefde kan daar ‘n verskil in enigeen se kosbare lewe gemaak word.

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button