Bosveld NewsNews

Na 4 dekades groet die Bothagesin die Bosveld

Waneer jy al die kilometers bymekaar tel wat die jarelange inwoner en geliefde lid van die Potties-Atletiekklub afgelê het, het hy al twee keer om die wêreld, of altesaam 61 keer Kaap toe en terug, gedraf.

MOKOPANE – Op die gesoute ouderdom van 74 jaar spog PC (Pieter) Botha met ‘n menigte prestasies op sy drafkerfstok waarvan hy ondermeer die uitmergelende Comrades Marathon al 24 keer voltooi het en meer as 200 marathonne kaf gedraf het.

PC verteenwoordig al die Potties-Atletiekklub sedert dit in 1985 op die been gebring is en na meer as vier dekades van goud gevulde herinneringe in Mokopane het PC en sy vrou, Annetjie, onlangs na Potchefstroom verhuis.

Die Botha’s se tweede familie, die lede van die Potties-Atletiekklub, het verlede Donderdag op ‘n soete noot van PC en Annetjie afskeid geneem en hulle voorspoed toegewens.

PC het gesê dat hy beslis nog nie sy drafskoene gaan ophang nie, maar dat hy wel dié klub vreeslik gaan mis.

“Wanneer julle ooit ‘n wedloop in Potchefstroom kom aanpak, is ons deure altyd vir julle oop,” het Annetjie met ‘n warm glimlag gesê.

Bosveld het in die verrigtinge gedeel en dit was duidelik dat die Botha’s uiters geliefd is en dat PC groot drafspore in Mokopane nalaat.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button