4×4-pret wat die stof laat staan
Die Mokopane Noodforum het verlede Saterdag sy jaarlikse 4x4 Familiepretdag gehou en daar is van ligdag tot donker oor die bulte en deur die dongas gery.

MOKOPANE – ‘n Droombaan met genoeg uitdagings is langs die Ovaal resiesbaan vir die 4×4 avonturiers uitgelê wat met hart en siel deur familie en vriende aangepak is. Die vierwielmotorfietsryers kon ook hul slag wys en die dag se pret in die buitelug is deur oud en jonk geniet.
Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Noodforum, sê dankie aan almal wat die dag ondersteun het.
Die geld wat ingesamel is, is broodnodig want die Noodforum gaan tans gebuk onder ‘n erge geldkrisis omdat die organisasie sy staatsubsidie verloor het. Sy bedank al die borge wat bygedra het tot die sukses.
Eulogia het deur haar kameralens die pret vasgevang en met Bosveld gedeel.









