Bosveld NewsNews

Steele tree af na 43 jaar

Die gemoedere was Woensdagoggend by Hoërskool Piet Potgieter swaar toe 'n geliefde wiskunde onderwyser en departementshoof, James Steele, na 43 jaar die tuig neerlê vir 'n rustige aftrede.

MOKOPANE – Steele sê hy het baie kinders sien grootword en sien nou uit na sy aftrede.

‘n Hoogtepunt was toe sy klas van 1996 met 15 wiskunde vakonderskeidings geslaag het.

Terwyl die trane in sy oë blink dammetjies vorm vertel hy staaltjies.

Steele onthou met ‘n swaar hart toe sy eerste vrou, Marinda, haar stryd teen kanker verloor het en hy self die siekte oorwin het.

Steele is ‘n bekende by die rolbalklub en geniet ook ‘n potjie tennis. Hy beplan om nou meer tyd saam met sy familie deur te bring.

Vir oulaas het hy ‘n Apiesdoringboom naby die hoërskool se hokkievelde geplant en die skoolklok by die ingang gelui.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button