Bosveld NewsNews

Raadslede beskerm inheemse bome

Dekker en Coetzee moedig die publiek aan om stropers by die polisie aan te kla.

MOKOPANE – Mokopane is bekend vir sy boomryke skoonheid en om dié reputasie te laat voortleef het verskeie organisasies kragte saamgespan om die onwettige stroping van bome in die omgewing te bekamp.

DA-raadslede, Yolandé Coetzee en Korny Dekker, het onlangs ‘n vergadering geloots wat deur onder meer die plaaslike polisie, staataanklaers, verskeie buurtwagte, Working on Fire (WOF), Fauna en Flora, LEDET, Tobie van Deventer, Special Operation Solutions (SOS), Suricat en die Departement van Binnelandse Sake bygewoon is. Die organisasies het koppe bymekaar gesit en op ‘n strategie besluit om voortaan houtstropery te stop en die skuldiges aan die pen te laat ry.

Dekker en Coetzee moedig die publiek aan om stropers by die polisie aan te kla. Foto’s van die verdagtes asook ‘n registrasienommer van hul voertuig sal bydra tot die spoedige en suksesvolle arrestasie van die boosdoeners.

Kontak die polisie by (015) 409 1418/1419/1420 of by 081 505 9340.

Inwoners kan ook Coetzee by 079 273 7986 of Dekker by 082 878 1502 kontak indien iemand dié wet oorskry.

Hulle doen ‘n beroep om die gemeenskap om nie inheemse bome uit te kap, te beskadig, vervoer, verwyder of te verkoop nie, want dit is teen die wet en skuldiges kan aangekla word.

‘n Permit is nodig om enige van dié aksies uit te voer.

Die kameeldoring, vaalkameeldoring, kremetart, groendoring, stinkhout, appelblaar, geelhout, rooistinkhout, kiaat, maroela en krinkhout is slegs 11 van die 47 gelyste bome wat deur die Bosbouwetgewing beskerm word.

Inwoners is welkom of Fauna en Flora by 082 889 1396 te kontak vir meer inligting rakende inheemse bome en die reëls en regulasies.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button