Bosveld NewsNews

Atletiek se Goliat wil wen

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) spog vanjaar met 'n nuwe atletiekafrigter wie reeds sy merk deeglik op die skole-atletiekbaan gemaak het en vorentoe gaan sorg vir opwinding wanneer sy atlete hulle beste gee.

MOKOPANE – Willie van Rensburg staan nie verniet bekend as “mnr. Goliat” of “die man met die kuite” nie. Hy is ‘n top atletiekafrigter en ook die gr. 8’s se Afrikaanse onderwyser.

Willie vertel HPP is vanjaar gekroon as een van die top 30 beste atletiekskole in Limpopo wat moontlik aanstaande jaar aan verskeie atletiekbyeenkomste in die Gauteng- asook die Verre-Noordstreek gaan deelneem.

Bosveld was nuuskierig om te weet wie hierdie goedige reus wat al talle hoogtes op die aletiekveld en agter die skerms bereik het is.

Hy vertel hy het na jare se onderwys in Pretoria besluit om na die Bosveld te verhuis.

Hy het vinnig by HPP ingeskakel en geniet die werk wat hy op die atletiek-baan verrig.

Willie sê as kind was hy reeds lief vir sport en ook sy skool se uitblinker. Hy het vir jare die hoogspringrekord van 2 m gehou by die Hoërskool Wagpos in die item vir seuns o/15.

Hy het dit in 1976 opgestel en die rekord is eers in 2012 deur ‘n Switserse seun verbeter. Hy is ‘n gekwalifiseerde vlak drie atletiekafrigter wie ook tienkamp afrig, asook ‘n gekwalifiseerde skeidsregter. Hy bied ook verskeie atletiekseminare aan. In die stad was hy ook die atletiekvoorsitter van Gauteng.

Hy vertel sy atlete het al ‘n hele rits medaljes ingeryg. Op Suid-Afrikaanse byeenkomste het sy atlete 30 goue medaljes ingepalm.

Die 2016 skole interhoër wat gehou was op Mookgophong en deur Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi gewen is, was ‘n hartseer oomblik, maar sedertdien word daar met mening ingeklim vir volgende jaar se interhoër. Willie, wie toe pas by HPP aangesluit het, meen daar was nie genoeg voorbereiding vir die byeenkoms nie.

HPP het juis sy interhuis nou al afgehandel sodat die atlete slaggereed gaan wees vir 2017 se interhoër wat op Thabizimbi gehou gaan word.

Hy is vol vertroue dat HPP die beker gaan terugwen.

Hoewel sportsterre soos Marnus Uys en Monique de Sousa vanjaar hul skoolloopbaan voltooi, meen Willie die skool kry genoeg nuwe talent.

“HPP se atlete het ‘n ongelooflike vermoë om hulle beste te gee en ek wil hierdie leerders help om diep voetspore te los in die geskiedenis van die skool.”

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button