Bosveld NewsNews
Buitelugpret by Tibani Lentefees
Die aanbreek van lente is op 'n vrolike noot op 3 September by Tibani Lodge gevier tydens hulle Lentefees.
MOKOPANE – ‘n Menigte inwoners het in die Bosveldson baljaar en aan die verskeie aktiwiteite deelgeneem. Bosveld se skoonhede het aan die Mej Tibani Skoonheidskompetisie deelgeneem en die sewejarige Denica du Plessis het die titel opgeraap. Die volgende meisies het in hulle onderskeie ouderdomsgroepe gewen: Renandi Beetge (7-9 jaar), Jolanie Bronkhorst(10-12 jaar), Mignon Vorster (13-15 jaar) en Yvonne Fleischmann (16-24 jaar). Martin van Eck, inowner van Mokopane, sê hy het die dag vreeslik geniet. Mandy Le Roux, Bestuurder by Tibani Lodge, bedank al die borge en die gemeenskap wat die dag ondersteun het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!











