Bosveld NewsNews

Nuutverkose Diensbestuur

DIE algemene jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het verlede Maandag plaasgevind en die nuwe Diensbestuur vir 2016/17 is aangewys.

MOKOPANE – Die nuutverkose Diensbestuur is: Corlet Briel (Voorsitter), Mary Lehutso, Bets McKnight, Elzaan Roux en Magda Dreyer.

Briel sê sy is baie opgewonde om leiding te neem en sal as spreekbuis van die SAVF dien.

Sy bedank almal vir die vertroue wat hulle in haar stel, maar lê klem daarop dat sy dit nie sonder die samewerking en hulp van die publiek en vrywilligers kan doen nie.

Briel nooi die gemeenskap om haar te kontak as hulle as vrywilligers wil aansoek doen.

“Om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, het ‘n mens nie nodig om briljant, ryk, of mooi te wees nie, ‘n mens moet nét omgee.”

Die knap span by die SAVF kantoor is: Teretha Jannasch (Senior Maatskaplike Werker en Kantoorbestuurder), Jela Kekana (Maatskaplike Werker), Carike Jordaan (Finansiëlebeampte) en Beatrice Paidamoyo Zimidzi ( Administratiewebeampte en Student in Maatskaplike Werk).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button