Oorlogsverhaal met HPP-leerders gedeel
In die boek, Mag van die Noodlot, word daar gewys op die ryke geskiedenis van Mokopane tydens die Anglo Boere-oorlog en die skrywer Jopie de Beer het sy werk onlangs met Hoërskool Piet Potgieter gaan deel.
MOKOPANE – De Beer, n boorling van Mokopane, het met trots ‘n kopie van die boek aan waarnemende hoof, Cas Badenhorst oorhandig. Mag van die Noodlot is gebaseer op ware gebeurtenisse en ervarings van Jopie se familie en handel oor Jopie se oupa, Joseph de Beer (meer bekend as Soppie), ‘n skerpskutter in die Staatsartillerie van die Zuid-Afrikaanse Republiek tydens die Anglo-Boereoorlog, wat opsoek is na vrede aangesien hy baie struikelblokke oorkom het. Hy ontmoet toe sy toekomstige vrou, Nella, voor die oorlog uitbreek en hierdie noodlot het albei se lewens op uiters vreemde, asook wrede paaie gestuur.
De Beer het in 1960 by Hoërskool Piet Potgieter matrikuleer en daarna by die Tshwane Universiteit van Tegnologie, Elektroniese Ingenieurswese ( ECE ) studeer. Hy sê sy leuse in die lewe is soos in sy boek geskrewe: “toevallighede is God se manier om anoniem te bly” – Albert Einstein. Sy geskiedkundige boek is slegs beskikbaar op E-book of kan bestel word by Groep7 Drukkers.
“Ek is moeg om te baklei, ek is moeg vir oorlog. Daar sal seker nog oorloë kom, maar hierdie keer moet iemand anders dit maar veg op ‘n ander plek, op ‘n ander tyd. Vir ons twee is hierdie ellende verby. Ek is joune en jy is myne. Vir altyd “, lees die verhaal se laaste woorde.
lionel@nmgroup.co.za



