Bosveld NewsNews

Sybie pen sy gister- en eergisterjare neer

Gister se Pad is Sybie Kleynhans se vyfde boek waarin hy verskeie staaltjies vertel van sy eergisters, gisters en vandag.

Kleynhans is ‘n skrywer wat met die Afrikaanse taal toor en die ink het behoorlik gevloei met die skryf van sy lewensreis. Hy gesels op papier oor sy wedervaringe, vriende wat sy pad gekruis het en al die afdraaie en kronkels.

Kleynhans het Maandag ‘n draai by Bosveld se kantoor gemaak. Hy is ‘n oud-Vrystater wat groot geword het op die familieplaas, Kleynhansrust duskant Kroonstad, waar hy van kleintyd af ‘n liefde vir boeke ontwikkel het. Op die ouderdom van 12 het die jaggogga hom gebyt en nie lank daarna het hy sy eerste leeu platgetrek.

In die begin van die tagtigerjare het hy vir eers sy gewere gebêre en die pen sy wapen gemaak. “Ons het ‘n besonderse taal en die woorde is altyd in my kop, maar ek skryf die lekkerste wanneer dit stil om my is.”

Kleynhans was op sy dag nie net ‘n boer nie, maar ook ‘n grootwildjager en natuurbewaarder voordat hy agt maande gelede hier op Mokopane kom nesskrop het. Met sy breë kennis van die diereryk het Dieremanier en Goggageite in 2013 die lig gesien. Daarna skryf hy Madefu se wêreld wat ook deur oud en jonk geniet word. Sy eerste oorlog-liefdesroman, Thola volg, asook ‘n digbundel, Splinterwoorde van ‘n Swerwer.

Kleynhans sê “Gister se Pad is werklike wedervaringe ervaar deur my gisters en my eergisters.

“Dit is ‘n droom wat ek op papier neergepen het vir elke leser om saam met my te geniet.”

Gister se Pad kos R150 en as dit per pos bestel word R200.

Kontak Magda de Korte by 081 312 4831 of stuur ‘n epos aan magda.dekorte12@gmail.com.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button