Bosveld NewsNews

Eenwording sorg vir gemeente samesyn

Die N.G. Gemeente Piet Potgietersrust het verlede Sondag sy eenwording met 'n heerlike gemeente-ete gevier en daar is ook 'n Wilde Pruimboom op die terrein by die Ou-Oosgemeente geplant.

MOKOPANE – Die N.G. Oosgemeente en die NG Moedergemeente het na lang en deeglike samesprekings tussen die twee gemeentes se lidmate reeds op 1 Julie saamgesmelt. Die nuwe gemeente staan nou bekend as die N.G. Kerk Piet Potgietersrust met ds. Peet Venter as leraar.

Hy word bygestaan deur ds. Chantelle Francis.

Die oudste lidmaat, tannie Paula Erlank (91) het Sondag die dag saam kom geniet waar daar gesellig gekuier en weggelê is aan ‘n gekookte maaltyd. Tannie Paula is in die Ou Moedergemeente gedoop, aangeneem en getroud.

Daar is Sondagoggende om 08:30 ‘n erediens in die Ou-Oos kerk en om 10:00 ‘n diens in die Ou-Moedergemeente. Die Ou-Moedergemeente is aanstaande jaar 100 jaar oud en feesvieringe word beplan om die geskiedkundige dag te herdenk, sê ds. Venter.

Hierby foto’s van die dag se samesyn.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button