Bosveld NewsNews

Raakvat redding vir rommel

Na talle inwoners hulle misnoeë rakende die vullis op die Lisbonpad uitgespreek het, het DA Raadslede Yolandé Coetzee en Korny Dekker dit onder die Mogalakwena Munisipaliteit se aandag gebring.

MOKOPANE – Die munisipaliteit het tot aksie gespring en ‘n maatskappy aangestel, wat gehelp het om die terrein op te ruim en so ook bewusmaking vir onwettige vullisstoring te skep.

Die Mokopane Besigheidskamer het ‘litterpickers’ en handskoene asook ‘n vragmotor, geborg wat verlede Vrydag gehelp het om die vullis weg te ry.

Dekker en Coetzee sê hulle wil al die probleem gebiede takel, maar vra dat die gemeenskap geduldig moet wees, want dit verg baie tyd en befondsing.

Hulle maan ook die gemeenskap aan om nie hulle vullis onwettig te stort in die dorp nie en verduidelik ook dat die gemeenskap verantwoordelik is vir hulle eie tuin- en bourommel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button