Bosveld NewsNews
Bekende inwoner Philip Wolhüter sterf
'n Bekende en geliefde inwoner van die dorp, Philip Wolhüter, is Maandag na 'n diens in die Ou NG Moedergemeente te ruste gelê.

MOKOPANE -Wolhüter se skielike heengaan op 13 September word betreur deur sy vrou, Marie, vyf kinders en vyf kleinkinders. Hy en Marie het in 1964 inwoners van die dorp geword waar hy as junior in die finansiële afdeling van die Potgietersrus Tabakkoöperasie begin werk het. Met sy aftrede in 2000 was hy hoofbestuurder en het ook sy merk gemaak as ‘n staatmaker op die rugbyveld, as kerkraadslid, lid van die stadsraad en as Polisie reservis. Hy het ook op verskeie direksies gedien en as hofassesor ogpetree.
Wolhüter sal onthou word as iemand wat altyd tyd gehad het om te luister, te gesels en te bemoedig en gaan gemis word deur sy familie en vriende.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



