Bosveld NewsNews

Kom pronk in jou vere

Kom vind uit wat is die nuutste mooimaakwenke tydens Bosveld Review se vroue-oggend op 22 Oktober by die Park Hotel.

MOKOPANE – Bosveld se Rooi Tapyt Vroue-oggend beloof om ‘n swierige en prettige affêre te wees waar daar heerlik om ‘n glasie vonkelwyn gekuier gaan word saam met drie top gassprekers.

Kom ontmoet die romanskrywer, Sophia Kapp wie se negende boek pas vrygestel is. Sophia gee ook getekende kopieë van haar boeke weg aan ses gelukkige vroue.

Francois Louw is ‘n voorkomskonsultant wat kan toor met ‘n grimeerkwas en hy gaan twee vroue in die gehoor kies vir ‘n oormaaksessie. Kom vind uit hoe om jou figuurfoute te verbloem met die regte klere. Hayley Joy is ‘n modekenner van Johannesburg wat haar kennis oor reg aantrek kom deel. Sy gee ook ‘n R600 geskenkbewys as prys.

Ons plaaslike jogakenner, Fatima Byatt gaan kortliks ‘n paar praktiese jogawenke deel vir ‘n stresvrye dag en Luvite het vier masseuses wat tussendeur die dag se verrigtinge vir hand en nekmaserings gaan sorg.

Die glansoggend begin 08:30 waar die gaste met hulle aankoms op die Rooi Tapyt verwelkom word. Die gasvrouens se tafels sal vroegoggend beoordeel word om te kyk wie wen die prys vir die mooiste en kreatiefste tafelversiering volgens die tema. Daar is ook drie pryse op die spel vir die ‘best dressed’, asook ‘n naweekwegbreek by die luukse Sefapane Lodge in Phalaborwa.

Die dag se winste sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie gaan wat deur ‘n gelukstrekking bepaal sal word. Die dag se pret kos net R120 per persoon en sluit ligte verversings en drinkgoed in. Om deel te wees van hierdie onvergeetlike dag kontak Ronel Maree by (015) 491 2771 of besoek Bosveld se kantoor in Van Riebeeckstraat.

Bosveld bedank Park Hotel wat vanjaar ons hoofborg is.

 

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button